Onthou jy jou Eerste Liefde?
Eerste Liefde is ‘n nuwe reeks op die VIA kanaal wat hierdie jaar in Oktober uitgesaai word en ons is op soek na deelnemers om ons te help om die program te maak.

Sou jy graag nog een keer wil kontak maak? Uit nuuskierigheid, eerbied, nostalgie of dalk wil jy van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê, verskoning te vra of ongedane sake te finaliseer.
Eerste Liefde is ‘n nuwe reeks op die VIA kanaal wat hierdie jaar in Oktober uitgesaai word en ons is op soek na deelnemers om ons te help om die program te maak.
Of ons nou gelukkig getroud is of nie, almal koester ‘n Eerste Liefde omdat dit so ‘n belangrike draaipunt in ‘n mens se lewe is. Eerste Liefde is ‘n inleiding tot volwassenheid, die eerste dans met ‘n ander en die beginpunt van ‘n reis na die onbekende.
Deur terug te kyk na Eerste Liefde en hoe dit ontvou, leer ons miskien iets oor verwagtinge, ambisie, teleurstelling, persoonlike groei, vergifnis en wat menslike verhoudings beteken.
Eerste Liefde is ‘n emosionele huldeblyk aan kinderlike onskuld en die grasie om elke dag met moed en ‘n positiewe gesindheid nuwe liefde te kweek uit daai Eerste Liefde saadjie.
As jy wil deelneem, of van iemand weet wat ‘n interessante ,Eerste Liefde storie het om te vertel kontak ons op:
Jan: 083 601 2022
Hendrien: 078 014 1760
Estelle: 082 557 4818



