Verpakte vleis en biltong juweel in die hartjie van Potchefstroom
Op die mees onverwagse plek in Potchefstroom, weggesteek langs die oudste en seker bekendste kroeg in ons stad, is die mooiste klein delicatessen-winkel wat slegs vleisprodukte verkoop.

Op die mees onverwagse plek in Potchefstroom, weggesteek langs die oudste en seker bekendste kroeg in ons stad, is die mooiste klein delicatessen-winkel wat slegs vleisprodukte verkoop.
Die oulike rooi en wit gestreepte afdakkie trek dadelik die aandag na die naam in groot rooi staalletters buite op die Sukses Sentrum: Oupa’s Biltong.
Binne sien mens dat hierdie geensins jou gemiddelde plattelandse klein biltongwinkel is nie. Saam met die aanloklike dik, geel vet stukke donker biltong en ander geurige droëprodukte, pryk blink staal yskaste belaai met perfek-verpakte vars vleisprodukte met die handelsmerk FARMFED MEAT.
Die vriendelike verkoopsdame verduidelik dat FARMFED MEAT, keurig voorbereide vars vleisprodukte vanaf die plaas tot by ons huise bring, en dit nogal ook met ‘n unieke storie…
Vanaf plase regoor die distrik, maak FARMFED MEAT en Oupa’s Biltong se produkkeurders dit elke dag hulle nommer een prioriteit om die hoogste gehalte vee te identifiseer, wat geskik is vir hulle FARMFED kwaliteit en beroemde Oupa’s Biltong smaak. Hulle is verseker van die oorsprong en gehalte van hul vleisprodukte omdat dit noukeurig gekies word uit plaasgevoerde en 100% suiwer diere.
Die geheim is dat hul hulself daarop roem dat die diere wat gekeur word vir FARMFED vleisprodukte en Oupa’s se droëprodukte, vry is van nadelige spuitstowwe.
Slegs die beste A-graad vars vleis word gebruik vir FARMFED spesiaal-vervaardigde en fyn voorbereide individuele vleissnitte. Die kundige voorbereiding en veroudering van produkte vind plaas by hul eie geregistreerde abattoir en verpakkingsfasiliteite.
FARMFED is trots op hul hoë-gehalte vakuum verpakking om die varsste moontlike produk in die hande van hul fynproewer-kliënte te plaas.
Oupa’s maak ook biltong bekend sedert 1991 en word oral geken aan sy unieke smaak biltong wat in ‘n HEEL ander klas is. Oupa’s se verfynde en unieke droëproduk resepte is die eerste keuse van biltongliefhebbers oor die hele land. Tuisgemaakte resepte van kruie, speserye en net die regte hoeveelheid vars bestanddele, asook tradisionele en kundige droogmetodes bring die unieke Oupa’s Biltong smaak huis toe! FARMFED Vars Vleisprodukte en Oupa’s Biltong droëprodukte is beskikbaar by Oupa’s Biltong & Vleisdeli – Walter Sisulu Rylaan 223, Potchefstroom | 060 992 7522 |
087 527 0019 www.farmfed.co.za




