EntertainmentLocal news

‘n Aand by die Sirkus

Die kenmerkende reuk van brandstof en die geraas van motorfietse het die gehoor ekstaties gehad.

Die jong manne met helderkleurige swaarde wat wild flikker en die jong dames met hul helder Minnie muis ore. Kindertjies van alle ouderdomme wat met die spoed van witlig mekaar  rondjaag. ‘n Flikkerende narneus op elkeen se neusies. Dít is ‘n aand by die sirkus!

Op 16- 20 Oktober was die McLaren sirkus in Potchefstroom. Kinderlike opgewondenheid het onder die mense gegons. Met ‘bubblegum’- blou spookasem in een hand en vars sout-en asyn springmielies in die ikoniese springmielie- boksies, wat jy net in die flieks sien, beleef jy die McLaren sirkus.

Die massiewe helderkleurige tent word vinnig gevul met giggelende kinders en ouers wat net moet byhou. Opgewonde met spanningvolle afwagting word jou oë vasgenael op die sirkus- ring, met jou hand wat ‘n gereelde padjie beweeg van die springmielies af na jou mond, wat verstom oophang in ongeloof.

Die hoof vertoning was werklik ‘n warrelwind van emosies. Jou hart val van jou keel af tot binne- in jou skoene soos die indrukwekkende akrobate deur die lug tuimel. Die vertroue tussen elke span maat is waarlik inspirerend. Na die optrede van die oulike, energie- ryke poedels en hul toertjies, wens elkeen hulle loop weg met een wollerige gedierte. Kastele, rokke, elegansie, dit is hoe jou verbeelding met jou weghardloop soos wat die die bekoorlike perde in die ring rond trippel. Die kenmerkende reuk van brandstof en die geraas van motorfietse het die gehoor ekstaties gehad, byna elke persoon se oë was groot van opwinding, ongeloof en hoog op tweedehandse adrenalien.

Dit is nie net die hoof vertonings wat emosies ontlok het nie, maar ook die by-vertonings. Die gehoor was behoorlik betrek al was dit net ‘n handeklap- op- ritme. Sommiges uit die gehoor was gelukkig genoeg om deel van die optrede te vorm en in die ring te gaan.

McLaren sirkus is definitief nie iets om mis te loop nie! Dit is ‘n opwindende gebeurtenis vir die hele gesin waar spesiale herinneringe gemaak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button