CommunityPhoto Galleries

Wyk 3 plant bome vir Boomplantmaand

Wyk 3 se inwoners het Saterdag 10 September saam gesweet om te help bome plant om die wyk se parke te verfraai ter viering van Boomplantmaand.

Wyk 3 se inwoners het Saterdag 10 September saam gesweet om te help bome plant om die wyk se parke te verfraai ter viering van Boomplantmaand.
“Mnr. Herman Swiegers, voorsitter van AfriForum Potchefstroom, het my geskakel met ‘n voorstel om bome te plant vir Boomplant maand,” sê raadslid Anné van Onselen.
Sy het dadelik met mnr. Thomas Motswedi, assistentbestuurder: parke en rekreasie, in verbinding getree om te vra of die parke-afdeling vir hulle bome sal skenk sodat hulle kan bydra tot die “groen” erfenis. “Ons wil ook graag ons parke ‘n lushof maak sodat die kinders meer daarin kan baljaar en voëls gelok kan word om nes te maak in die bome,” sê Van Onselen. Mnr. Johan Visser, hooftuinboukundige: parke en rekreasie, het vir die inwoners kom wys wáár die beste plek sou wees om die bome te plant in die Baillie Park parkie in Strydomstraat en die Maherry-parkie in Miederpark. “Die parke-afdeling was ook so gaaf om vir ons die gate te kom grawe en ons kon dus Saterdag nét fokus op die plantery. Baie dankie vir die bome wat voorsien is!”

Inwoners van wyk 3 plant bome in 'n parkie. Foto: Verskaf
Inwoners van wyk 3 plant bome in ‘n parkie. Foto: Verskaf

Volgens Van Onselen was dit ‘n ware spanpoging. Daar was kundiges wat raad gegee het oor die korrekte wyse van plant, tot raadslid Werner van Onselen wat moue opgerol en saam geplant en gate toegegooi het.
Die werkers het ook almal koele lafenis geniet om die erge hitte af te weer.
Die nodige superfosfaat en beenmeel is in die gate “ingewerk” en dreineringspype is in elke gat aangebring.
Swiegers het verantwoordelikheid aanvaar om die bome in die Strydomstraat parkie water te gee en mnr. Johann Fourie en sy vrou Elsabé het aangebied om die Maherry-parkie se bome te versorg. Almal het toe ook ingespring en die rommel in die Maherry-parkie opgetel.
“Ek het weereens besef vele hande maak ligte werk! Baie dankie vir almal se hulp, harde werk en insette om Wyk 3 ‘n wyk te maak om op trots te wees!”

Almal het na die tyd help skoonmaak. Foto: Verskaf
Almal het na die tyd help skoonmaak. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button