SportSport

Volkies is provinsie se krieket konings

"Daar is baie wat agter die skerms moet gebeur, om die resultate te kry. Die ouens het hard gewerk,"

Volkies se 1ste XI is onlangs vir die sesde agtereenvolgende jaar as wenners van die Noordwes krieketliga aangewys.

Volkies se krieket is amper sinoniem met die wen van dié toernooi. Volkies het deur die seisoen ook hulleself teen nog groter kompetisie, tydens die Noord-Suid toernooi gemeet. Dit is nie net die 1ste XI wat in die Noordwes koning gekraai het nie.

Die o.14A, o.15B, 2de span en  senior dogters het almal hulle ligas gewen. Daar is 8 spanne in die liga, almal speel teen mekaar en dan die span wat bo aan die punteleer eindig word as die wenner gekroon.

Volgens Wynand Schmitt, hoofafrigter van Volkies se 1ste XI, aanvaar hulle glad nie die wen as vanselfsprekend nie.

“Daar is baie wat agter die skerms moet gebeur, om die resultate te kry. Die ouens het hard gewerk,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button