Blossoms of Grace help minder bevoorregte meisies
Jy kan nou betrokke raak en 'n jong meisie se lewe verander.
Die Blossoms of Grace-projek is ‘n nie-winsgewende projek wat daarop fokus om jong meisies se waardigheid te herstel.
Die projek samel persoonlike produkte in om vir minder bevoorregte jong dames te skenk. In hierdie stadium is daar 50 jongmeisies wat hulp nodig het.
Louise Venter, stigter van Blossoms of Grace, sê die kinderhuise ontvang nie altyd fondse soos hulle moet nie.
“Ons kon sover net 20 boksies skenk. Ons sal graag elke maand vir elke meisie ‘n boksie wil skenk.”
Louise gaan voort om mense aan te moedig om skenkings te maak en sê elke skenker kan net skenk wat op hulle hart gelê word.
Indien jy betrokke wil raak, kan jy vir Louise by 060 723 4706 skakel.






