Biker, finansiële beplanner, man, vriend en soveel meer
Daar bly ‘n leemte in almal se harte agter.
Jean van der Merwe (43), ‘n finansiële beplanner aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se fakulteit van Ingenieurswese, is op 23 November tydens ‘n roudiens by die Duet-gemeente in Potchefstroom gegroet.
Jean is op 17 November oorlede nadat hy in ‘n motorongeluk in Klerksdorp betrokke was. Hy laat sy vrou, Karin en sy ouers, Deirdré en Joe van der Merwe, agter.
Jean was soveel meer as net ‘n finansiële beplanner. Hy was deel van die Sons of Old School Biker-gemeenskap. Hy was ook ‘n vriend vir baie.
Jean en Karin was 20 jaar saam en 12 jaar getroud. Die paartjie het twee diere kinders gedeel.
Medelye het vir Jean se familie ingestroom.
Karin vertel Jean het ‘n persoonlikheid gehad wat mens maklik kon laat glimlag.
“Hy was outgoing, maar baie meer ‘n introvert wat liefs eerder saam met my en ons hondeseuntjies by die huis wou wees.”
Jean sal verseker deur sy familie, vriende en almal wat hom geken het, gemis word.
Daar bly ‘n leemte in almal se harte agter.




