Local news
PAWS leer Baillies oor sterilisasie en aanneming
Baillies het vir Chopper met ope arms ontvang en het die les vreeslik geniet.
Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) en Chopper het onlangs by Laerskool Bailliepark ‘n draai gemaak om leerders die belangrikheid van sterilisasie van diere en ook hoe belangrik aanneming is te leer.
Baillies het vir Chopper met ope arms ontvang en het die les vreeslik geniet.
“Dankie Laerskool Bailliepark dat julle vir ons en Chopper so hartlik ontvang het,” het PAWS gesê.
Onthou dat jy ‘n hond of kat ‘n tweede kans op ‘n liefdevolle huis kan gee. Indien jy belangstel on ‘n dier aan te neem, kan jy vir PAWS by 071 681 9264 skakel.




At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



