Local newsNewsNews

Hoe hanteer skole kinders in krisis?

Trauma het groot impak op kinders. Skole speel ’n sleutelrol in ondersteuning ná gebeure soos huisbrande en ander krisisse.

Trauma kan deur verskeie redes veroorsaak word. Dit het negatiewe gevolge vir mense se geestesgesondheid en kan tot verskeie versteurings lei as daar nie daadwerklik opgetree word nie.
Onlangs het ‘n gesin in Baillie Park die verwoestende impak van ‘n huisbrand beleef.
Die Janse van Rensburg-gesin wat in Gabrustraat gewoon het, het alles tydens die huisbrand verloor. Die drie kinders in die gesin, waarvan twee Volkies is, was volgens hul ma, Talita, erg deur die voorval getraumatiseer.
Hoe gaan skole te werk om kinders wat trauma beleef te ondersteun en deur die moeilike tyd te help. Die Herald het na skole uitgereik om die vraag te beantwoord.
Volgens Volkies se skoolhoof, PW van Aswegen, het die skool beslis ‘n ondersteunende rol.
“By Volkies het ons ‘n SBST-span (School Based Support Team). Dié span bestaan onder andere uit professionele terapeute, die terapie is gratis en word by die skool gedoen vir so lank as wat nodig is. Die skool het ook skakeling indien daar verder terapie en hospitalisasie benodig word. Die skool skroom nie om dadelik te help by gevalle soos die brand waar skoolklere, handboeke of skryfbehoeftes nodig is nie. Die verlore werk word ook dadelik vir leerders afgerol. Onderwysers tree dadelik in ‘n ondersteunende rol op om die leerders te help, maar observeer ook die leerders omdat daar moontlik dalk latere trauma uitvalle kan wees. Maats, personeel en oud Volkies spring ook almal in om te probeer help. By Volkies is ons almal deel van een familie wat vir mekaar omgee,” het die verteenwoordiger gesê. Volgens Talita Janse van Rensburg het die skool haar kinders baie goed ondersteun na die brand en selfs aangebied dat haar twee dogters in die koshuis gehuisves word. Dr. Viné Grobler, ‘n pastorale berader, beklemtoon die belangrikheid van ‘n samewerkende netwerk. “Dit is belangrik dat ouers, skole, terapeute en geloofsgemeenskappe betrek word wat ondersteuning kan fasiliteer, sodat die leerder weet hy/sy is nie alleen nie,” het Grobler gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button