SportSport

Potchefstromer vir SA Meesters jukskei gekies

Na 30 jaar maak Willie Swart ’n merkwaardige terugkeer en verteenwoordig SA by die Meesters Jukskei in Namibië.

‘n Potchefstromer is onlnags gekies om Suid Afrika by die meesters jukskei toernooi in Namibië te gaan verteenwoordig.

Willie Swart wat 27 Junie as deel van Suid Afrika se meestersspan na Nambië gaan toer speel al sedert hy vyf jaar oud is jukskei.

“My pa en my oupa het my so te sê langsdie baan groot gemaak. In 1987 het ek my Springbokkleure verwerf. Maar moes in 1994 weens werksverpligtinge ophou speel,” vertel Swart.

Na ongeveer 30 jaar wat hy nie gespeel het nie het Swart on 2024 weer die sport begin beoefen.

“Na 30 jaar wat ek nie gespeel het nie, om nou weer vir die meestersspan gekies te word is vir my ‘n baie groot eer en voorreg. Jukskei is ‘n unieke sport in Suid Afrika en dit verg baie oefening en toewyding,” vertel hy.

Die toer na Swakopmund is van 27 Junie tot 5 Julie en gaan elke speler ongeveer R13 000 kos.

“Dit is ‘n amateursport, so die kostes moet mens self betaal. As daar enige iemand is wat kan help met dié kostes sal ek baie bly wees,” het Swart gesê.

Mense wat vir Willie Swart kan help kan hom op 0727102121 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button