Local news

Riool loop in Mooirivier

Die lekkasie is al meer as ‘n jaar gelede vir die eerste keer by die munisipaliteit aangemeld.

‘n Rioolpyp wat oor die Mooirivier in James Morokalaan loop, lek riool in die river in. Die riool-ophoping kan met die blote oog gesien word. Die lekkasie is al meer as ‘n jaar gelede vir die eerste keer by die munisipaliteit aangemeld en word gereeld deur inwoners aangemeld.

Die lek wat eers klein begin het, is nou ‘n stroom van rioolwater wat in die rivier vloei. Die situasie word net erger en hou ‘n groot gesondheidsrisiko vir inwoners in.

Hans-Jurie Moolman, DA-raadslid, sê die DA is geskok om die rioollek te sien.

“Dit is ‘n misdryf in terme van ons nasionale waterwet en dit kom neer op ‘n verbreking van die nasionale omgewingsbestuurswet, wat ‘n plig plaas om besoedeling te voorkom.”

Moolman gaan voort om te sê die skokkendste hiervan is dat mense wat stroomaf bly, afhanklik is van hierdie water en nie die gerief het van ‘n suiweringswerk nie.

“Ons beskou dit as gewetenloos. Ons het dit by die regte kanale aangemeld en ons sal seker maak dat dit dadelik gestop word. Ons sal ook seker maak dat waar daar nalatigheid is, teen die persone opgetree word.”

Die Herald het by die munisipaliteit navraag gedoen, maar ten tyde die publikasie nog nie terugvoer ontvang nie.

Die rioolpyp wat in die Mooirivier lek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button