NewsNews

Speurder en twee verdagtes in hegtenis vir motorkaping

'n Klerksdorpse speurder en twee verdagtes het op aanklag van motorkaping in die hof verskyn.

’n 41-jarige speurder van Klerksdorp, Tshepo Pooe, het saam met twee mede-verdagtes, Christiaan Erasmus (37) en Athini Johnson Sonamzi (29), op 18 Augustus, voor die Klerksdorp-landdroshof verskyn.

Die drie word van motorkaping aangekla. Hulle bly in aanhouding en sal weer Donderdag, 28 Augustus in dieselfde hof verskyn.

Die polisiebeampte, wat by die Klerksdorp speurtak werk en sy mede-verdagtes is op 15 Augustus, in hegtenis geneem. Hulle is geïdentifiseer as verdagtes van ’n motorkaping wat op 19 Julie in Klerksdorp, aangemeld is.

Volgens Kolonel Adele Myburgh, polisie woordvoerder, het die klaer en sy vrou in ’n oranje Ford Ranger gesit toe ’n Volkswagen Polo met onbekende insittendes naby hulle gestop het. Die verdagtes het hulle glo as polisielede voorgestel. Die klaer het agterdogtig geword en probeer vlug, maar ’n skoot is afgevuur wat sy agterband beskadig het. Die klaers het die voertuig verlaat en na ’n nabygeleë huis gehardloop, terwyl die verdagtes met die Ranger vort is. Die voertuig is later in teruggevind nadat dit met ’n ander voertuig gebots het.


“Alhoewel dit diep teleurstellend is dat een van die verdagtes ’n polisiebeampte is van wie verwag en vertrou word om die wet af te dwing, is dit bemoedigend en geruststellend dat die SAPD, deur sy eerlike, lojale, toegewyde en hardwerkende lede, daadwerklik teen misdadigers sal optree, insluitend die booswigte binne sy eie geledere,” het waarnemende Provinsiale Polisekommissaris, Majoor-generaal Patrick Asaneng, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button