Local news

Trekker-projek verf plattelandse dorpies rooi

Die NWU se doel met die Trekker-projek is om bewusmaking oor demensie en Alzheimer se siekte te verhoog.

Die Noordwes Universiteit se personeel, studente en die Fakulteit Gesondheidswetenskappe het vanaf 30 Augustus tot 11 September van Potchefstroom, Kimberley, Hopetown, Britstown, Carnarvon, Williston, Calvinia, Clanwilliam, Citrusdal en Bloemhof gereis om kennis en hoop te versprei.

Die Trekker-projek se doel is om bewusmaking, kennis en sorg oor demensie en Alzheimer se siekte te verhoog.

Die groep het drukkies, stories en hulpbronne met families en versorgers gedeel en sodoende bewustheid oor demensie en Alzheimer se siekte verhoog. Elke stop was gevul met glimlagte, gesprekke en liefde, wat die NWU se waardes van sorg, empatie en sosiale verantwoordelikheid in aksie uitleef.

“Ons is so trots op hierdie reis en die gemeenskappe waarmee ons betrokke was. Saam maak ons ​​’n verskil, een dorp op ‘n slag,” het die universiteit op sosiale media gesê.

Kyk na die fotos hier: 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button