Local news

Jong man sterf in Promosa-ontploffing

Die man het glo met 'n slypmasjien metaalstukke in sy erf gesny.

‘n Jong man (22) is Saterdagaand, 10 Januarie in ‘n fratsongeluk oorlede toe hy glo metaal vir herwinning in Promosa gesny het.

Volgens Noordwes polisiewoordvoerder, konstabel Thuto Bobelo, het die man na bewering ‘n elektriese slypmasjien (grinder) gebruik om metaalstukke in sy erf te sny toe ‘n harde ontploffing gehoor is.

“By ondersoek is die man met veelvuldige oop wonde op die grond gevind en het nie reageer nie,” het Bobelo gesê.

Hy is na die Promosa-kliniek gehaas, waar hy met aankoms dood verklaar is.

Bobelo het gesê die polisie is van die voorval in kennis gestel en kundiges van die plofstofeenheid is na die toneel gestuur. Hul ondersoek het skrapnel aan die lig gebring wat ooreenstem met ‘n neuslont van ‘n plofstofverwyderingstoestel (EOD).

Die polisie het inwoners versoek om uiters versigtig te wees wanneer hulle onbekende metaalvoorwerpe hanteer en gewaarsku dat sommige items gevaarlike plofstofkomponente kan bevat.

“Gemeenskapslede word aangeraai om nie ongeïdentifiseerde voorwerpe te versamel nie, veral in gebiede naby militêre opleidingsfasiliteite,” het Bobelo gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button