Verkoop jou geliefde kunswerke waarvoor jy nie meer plek het nie
Potchefstromers kan hul kunswerke 'n nuwe huis gee en ook in die proses ook nuwe stukke opspoor.
Het jy kunswerke wat rondstaan of in die motorhuis gestoor word omdat jy nie meer plek daarvoor het nie?
Die Potchefstroomse Kunsvereniging nooi die publiek uit om aan die “Re-Love” kunsuitstalling deel te neem waar jy hierdie werke te koop kan aanbied of sommer gratis vir iemand kan gee wat dit van vooraf sal waardeer.
Belangstellendes kan ‘n maksimum van vier kunswerke inskryf. Kostes om aan die uitstalling deel te neem, is R40 per kunswerk indien jy nie ‘n lid van die kunsvereniging is nie. Indien jy die kunswerk gratis wil aanbied, hoef jy geen inskrywingskostes te betaal nie. Skilderye moet oor die nodige hakies en tou beskik sodat dit opgehang kan word.
Kunswerke word Maandag, 19 Januarie van 8:00 – 10:00 by die Snowflake Venue ingeneem. Inskrywings moet vooraf gedoen word. Indien jy belangstel om aan die uitstalling deel te neem, kliek op die volgende skakel, https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSfBRK09eIPkZFo3C2-GgJL8FFCrpKQk7r4EBoTK2t0O66J_UQ/viewform?usp=dialog of stuur ‘n e-pos stuur na potchkuns@gmail.com vir meer inligting.
Inskrywings sluit Maandag, 19 Januarie om 10:00. Die uitstaling open Dinsdagaand om 18:00 by die Snowflake Venue en duur tot 21 Februarie.
Galery-ure is van Maandae – Saterdae van 9:00 – 19:00.



