Local news
Isabella is Baillies se trots
Isabella is aangewys as die beste graad ses leerder met uitmuntende prestasies.
‘n Baillie Park leerder is tydens die jaarlikse Learner Excellence Awards in die Dr. Kenneth Kaunda Distrik as die top leerder in graad ses aangewys.
Isabella Prinsloo het op 19 Januarie hierdie toekenning met ‘n breë glimlag in Klerksdorp ontvang. Tydens hierdie geleentheid word erkenning gegee aan leerlinge wat in 2025 akademies goed presteer het.
Isabella is aangewys as die beste graad ses leerder met uitmuntende prestasies in Afrikaans (95,6%), Wiskunde (100%) Natuurwetenskappe en Tegnologie (99,2%). Vir haar goeie akademiese uitslae het sy het ‘n splinternuwe tablet as ‘n lekker bonusprys ontvang.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



