Local newsNewsNews
Veediefstal tref Potchefstroomse boere
Boere word aangeraai om waaksaam te wees en enige verdagte aktiwiteite onmiddellik by die polisie aan te meld.
Boere in die Potchefstroom-area sukkel toenemend met veediewe wat hul plase teiken. Volgens Noordwes polisiewoordvoerder, Lieutenant-kolonel Sam Tselanyane, het die polisie onlangs ‘n merkbare toename in veediefstal gesien.
“Tussen Desember en Januarie is daar sewe sake aangemeld. Dit is net die waarvan ons weet,” sê Tselanyane.
Hy het verder verduidelik dat een verdagte in verband met vier veediefstalsake in hegtenis geneem is, terwyl ‘n ander verdagte in verband met een saak aangehou is.
“Die Zamazama’s het die situasie vererger deur 23 vee te steel, waarvan ons 22 teruggevind het,” het hy bygevoeg.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



