NewsNews

Man dood na bakkie rol by Waterberry

'n Man is vanoggend dood na hy uit sy bakkie geslinger is in Thabo Mbekirylaan.

‘n 48 jarige man is  dood na sy bakkie vanoggend (9 Mei) gerol het op Thabo Mbekirylaan naby Waterberry Square. Volgens Russel Meiring, ER24 woordvoerder,  het hulle om 09:15 ‘n oproep ontvang   en  dadelik na die toneel gegaan.

Met die paramedici  se aankoms het die bakkie regop langs die pad gestaan en die bestuurder het leweloos buite die bakkie gelê. Meiring sê dat sover hul kennis strek, het die bestuurder beheer verloor oor die bakkie wawaarna die bakkie gerol het en in ‘n muur gebots het. In die proses is die bestuurder uit die bakkie geslinger.

Na 35 minute wat die paramedici gepoog het om die bestuurder by te bring, is hy op die toneel dood verklaar.

 

 

Die SAPD was ook op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

Lees meer in die week se Potchefstroom Herald van 12 Mei.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button