
Vier mense is Saterdagmiddag beseer toe twee voertuie op die R53, sowat 35km buite Potchefstroom gebots het.
Paramedici van ER24, saam met Provinsiale dienste het op die toneel aangekom. Een van die voertuie is langs die pad op sy, sy aangetref, terwyl die ander ‘n ent weg gestaan het.
Paramedici het die pasiënte assesseer waarna gevind is dat die mense se beserings van lig to matig gewissel het.
Paramedici het die mense op die toneel behandel waarna provinsiale dienste hulle na Ventersburg hospitaal geneem het vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie, maar die polisie en verkeer was op die toneel vir verdere ondersoeke.



