Die o.15 dogters hokkiespan was hierdie seisoen onoorwonne en wen die Monsanto-finaal teen Stella met 2-0. Agter van links: Karabo Shuping, Juané Viljoen, Anja van Tonder, mev. A Oppel (afrigter), Amy Weston, Simoné Willemse en Boitshepo Molatlhoe. Voor van links: Angelique van Graan, Boitumelo Mabusela, Philiswa Mtuzo, Boipelo Sekere, Elza Lemmer, Malaika Mathole en Charmoleze Jacobs.
Hoërskool Ferdinand Postma het die afgelope hokkieseisoen uitstekend presteer met drie spanne wat as ligawenners gekroon is.
Hier is die spanne:
Ferdies se o.16 seuns hokkiespan het teen skole soos KHS en Gimmies meegeding in die plaaslike B-liga en teen beide spanne skoonskip gemaak. Hierdie span het in die Monsanto-finaal met 3-2 met Sannieshof afgereken en is dus die Monsanto-ligawenners. Voor: Ethan Esterhuizen, David Asiwe, Duan Botha, Ryno Bornman, Imaad Sayed, Shakeel Sooliman, Ruben van der Merwe, Omolemo Kegakilwe en Nathan Kaalsen. Agter: Thato Taje, Michael Coetzee, Armand Venter, Muhammad Motara, Berto Scholtz, Ludwig Röntgen en Thiasmo Mmatladi. Afrigter: mnr. Johan Koekemoer.Ferdies se 1ste dogters hokkiespan sluit hulle seisoen ook af as Monsanto-ligawenners. Ferdies wen Orkney 6-0, Bloemhof 3-0 en ‘n 4-0 oorwinning teen Christiana in die semi-finaal. Hulle stap weg met ‘n 2-1 oorwinning teen Sannieshof in die finaal. Voor van links: Simoné Willemse, Jessica Johaap, Dawina Fransman, Kirsten Lagoa, Shanél Potgieter (kapt), Michelle Wiese, Kgothatso Moepeng en Charmoleze Jacobs. Agter van links: Chané Coetzee, Dulcey Hutlon, Amber Geldenhuys, Carmen Lubbe, Juliette Kayayan en Minjunette Nortjé. Afwesig: Amy King. Afrigter: JD Aucamp.Die o.15 dogters hokkiespan was hierdie seisoen onoorwonne en wen die Monsanto-finaal teen Stella met 2-0. Agter van links: Karabo Shuping, Juané Viljoen, Anja van Tonder, mev. A Oppel (afrigter), Amy Weston, Simoné Willemse en Boitshepo Molatlhoe. Voor van links: Angelique van Graan, Boitumelo Mabusela, Philiswa Mtuzo, Boipelo Sekere, Elza Lemmer, Malaika Mathole en Charmoleze Jacobs.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.