CommunityNews

Maak jou hart oop dié Kersfeestyd

Kersfees is ’n tyd vir familie, vriende liefde en geluk. Dit is wel nie altyd moontlik vir almal om ’n jolige feesgety te hê nie. Daarom het Potch Herald besluit om hande te vat met NG Welsyn en gesinne te help om ook ’n wonderlike Christusfees te hê, met genoeg kos op die tafel en vol magies in die nag.

Kersfees is ’n tyd vir familie, vriende liefde en geluk. Dit is wel nie altyd moontlik vir almal om ’n jolige feesgety te hê nie. Daarom het Potch Herald besluit om hande te vat met NG Welsyn en gesinne te help om ook ’n wonderlike Christusfees te hê, met genoeg kos op die tafel en vol magies in die nag.
NG Welsyn lewer pleegsorg toesigdienste aan ongeveer 160 kinders. Hierdie kinders is meestal in pleegsorg by familielede wat self finansieel swaar trek. Baie van die gesinne leef op ‘n minimale inkomste van tussen R2 500 en R6 000 per maand. Hulle het egter hulle huise en harte oopgestel en ‘n pleegkind ingeneem wat hulle ook versorg. Dit beteken gewoonlik dat hulle as gesin hulle ook bereid verklaar het om met minder klaar te kom. Hulle onbaatsugtige liefde verskaf aan ‘n kind ‘n huis en laat hom voel dat hy erêns behoort. Dit is van die belangrikste dinge in enige mens se lewe!

Desember is ook ‘n lang vakansie en kinders is by die huis. Ons besef almal dat dit nogal ‘n hap in ‘n gesin se begroting kan maak.
Verder lewer NG welsyn ook dienste aan gesinne waar daar geen inkomste is en waarvoor hulle maandeliks ‘n kospakkie verskaf. Hierdie kospakkie maak net voorsiening vir mieliemeel, koekmeel, rys, soja, koffie, tee, suiker, twee blikkies groente, seep en kookolie. Die gesinne trek werklik swaar en NG Welsyn sal graag vir hulle ‘n bietjie ekstra wil gee oor die Kersvakansie, sodat hulle ook ‘n geseënde Kersfees kan beleef. Hulle doen dus ‘n beroep op die gemeenskap vir skenkings van kruideniersware waarmee ‘n kospakkie saamgestel kan word. Alle skenkings moet die Herald of NG Welsyn teen 9 Desember bereik. Skenkings kan afgegee word by Potch Herald op die hoek van Piet Uys en Govan Mbeki-rylaan of by NG Welsyn in Maherrystraat 28.Benodighede

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button