
’n Student is verlede Saterdag, 12 November op pad na sy ouerhuis tragies in ’n motorongeluk dood.
Marius Barnard (20), was ’n tweedejaar student in B.Sc. Inligtingstegnologie wat vir die vakansie na sy ouerhuis in Reitz op pad was toe die ongeluk gebeur het.

Dié inwoner van Over de Voor manskoshuis is noodlottig in die botsing, wat reg van voor plaasgevind het, beseer. Dit het op die R57 tussen Heilbron en Petrusville gebeur. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die bestuurder van die ander voertuig is glo ’n Lesotho burger, wat intussen ook in ’n hospitaal in Bethlehem dood is.
Marius se roudiens is gister vanuit die APK-Oos in Reitz gehou.
Hy word oorleef deur sy ouers, Bok en Ria Barnard en sussie Joselle.
“Dit is altyd tragies wanneer ‘n mens wat nog so in die fleur van sy lewe is sterf. Ons dink aan Marius se familie, sy vriende en bid dat hulle vertroosting in hierdie moeilike en hartseer tyd sal vind,” het die rektor van die Potchefstroomkampus van die NWU, prof. Fika Janse van Rensburg, gesê.
Ter herinnering
Marius is reeds die 17de student van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus wat vanjaar dood is.
Die ander studente is:
Juan Cordier
Marguerite Brink
Elinda Booysen
Rachelle Mari Stofberg
Nicola Badenhorst
Xavier Klein
Darryl Makhurumetse Phahlamohlaka
Sune de Villiers
Elinza Mostert
Lucy Matlhako
Michael Walter Goeieman
Loyiso Victor Mantambo
Ettienne de Villiers
George Schoeman
Olebogeng Abram Moremi
Rocher van Graan




