NewsNews

‘Profete’ roof vroue

Twee vroue is Vrydag 2 Maart omstreeks 18:00 deur ’n groep mans, wat hulself as profete voorgehou het, in Albert Luthulistraat beroof.

Twee vroue is Vrydag 2 Maart omstreeks 18:00 deur ’n groep mans, wat hulself as profete voorgehou het, in Albert Luthulistraat beroof.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was die twee vroue op pad om water te gaan koop toe hulle deur drie mans in ’n rooi voertuig met Gauteng nommerplate voorgekeer is. Die mans het vir aanwysings gevra en terwyl die vroue vir hulle aanwysings gegee het, het hulle begin profeteer oor die vroue se lewens.
“Die vroue is deur die mans gevra om hulle skootrekenaars en selfone te bring sodat hulle daarvoor kan bid,” vertel Chaka.
Die vroue het ingestem, die items by die mans gelos en water gaan koop. Die mans het toe met hulle besittings gevlug.
Volgens Chaka is niemand nog in hegtenis geneem nie.
Hy het inwoners gemaan om nie hulle besittings vir vreemde mense te gee nie.
Misdadigers soek enige so ’n geleentheid, sê hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button