
‘n Jong vrou is glo Woensdagoggend op die Bult omstreeks 04:00 bedwelm en later glo verkrag.
Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was saam met haar vriendin op die Bult by ‘n kuierplek waar hulle ‘n man ontmoet het, wat vir hulle ‘n drankie gekoop het.
“Later het nog ‘n man by hulle aangesluit wat voorgestel het dat hulle gaan swem,” vertel Manyoba.
Volgens haar het die vrou saam met een van die mans in die kar geklim.
“Terwyl hulle gery het, het sy begin lomerig voel. Sy kan nie onthou wat daarna gebeur het nie. Die volgende oggend het sy wakker geword en het baie pyn ervaar. Daar was ook glo bloed aan haar onderklere. Die man het haar weer na haar vriendin se huis geneem, waarna sy ‘n klag by die polisie ingedien het,” het Manyoba gesĂȘ.
Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie maar die polisie ondersoek ‘n saak van verkragting.



