Ons het dit al almal in een of ander formaat gesien, toeskouers by skolesport wedstryde wat opponente, die skeidsregters of selfs hulle eie afrigters beledig, op skree of oor die algemeen sleg sê.
In ‘n onlangse meer ekstreme voorval, in die Noord Kaap is ‘n skeidsregter deur beide toeskouers en skoliere aangerand.
Almal se aanvanklike reaksie is een van skok, wat gaan deur die mense se gedagtes, dat hulle ‘n skeidregter by ‘n hoërskoolwedstryd aanrand. Mens maak dit af as een ou wat sy kop verloor het. Tog het elke persoon wat passievol is oor sport, al sy mening, nie altyd in ‘n mooi manier, teenoor ‘n skeidsregter gegee. Nie noodwendig in persoon nie maar daar waar ons voor die televisie of op die pawiljoene sit.
Ons kinders is saam met ons, hulle is nie dom nie, hulle sien hoe ons reageer. Hulle leer dan dat dit reg is.
Skolesport het oor die jare meer en meer kompeterend geword. Hoërskole stel spesialis afrigters aan om sport af te rig, in sommige gevalle vir groter salarisse as professionele sportspanne. Dié tendens het ook by laerskole begin pos vat. Die enigste motivering hier is om te wen. Sodra daar nie gewen word nie, begin toeskouers (in die geval skole is dit meestal ouers) na ‘n rede soek. Ongelukkig is skeidsregters en soms afrigters die maklikste teiken van ouers se woede.
Wanneer het die wenmotief alles in skolesport begin oorheers? Natuurlik is dit lekker om te wen, maar op skolevlak moet dit tog gaan oor deelname, konstante verbetering en bloot genot van die spel. Ouers moet liewer hulle kinders toerus met die vermoëns om goeie verloorder en beter wenners te wees. Liewer as om verkonings te soek wanneer hulle verloor het.




