Die vreugdevure brand hoog nadat die NWU vanaand (Maandag, 10 April) hulle ou vyande, Maties, met 19-10 in die Varsitybeker halfeindstryd op die Fanie du Toit Sportgronde geklop het.
Twee drieƫ van die heelagter, Tino Swanepoel, het die wen vir Burger van der Westhuizen se troepe verseker.


Sodoende gaan die NWU nou tuis op die Fanie teen Ikeys (Universiteit van Kaapstad) in die finaal op Maandag, 17 April, speel. Dit nadat Ikeys gemaklik vir Shimlas in die ander halfeindstryd geklop het.
Dit is die eerste keer sedert 2014 wat die NWU in ‘n finaal tuis sal speel. Dit is ook die eerste finaal vir die NWU sedert 2018.
Volle wedstrydverslag en reaksie volg op www.potchefstroomherald.co.za



