SportSport

Varsitybeker na sewe jaar weer in Potch

Dit was 'n emosionele aand vir die Potchefstromers nadat hulle vir Ikeys met slegs twee punte geklop het.

Die NWU het na ‘n sewe jaar droogte weer die Varsitybeker gelig.

Dit was ‘n emosionele aand, 17 April 2023, vir die Potchefstromers nadat hulle vir Ikeys met slegs twee punte geklop het. Die Arende het in die eerste helfte die basis vir die oorwinning met hulle sterk voorspelers gelê. Vernon Paulo het twee drieë gedruk terwyl Tino Swanepoel, vinnig om die kleinkantjie vir ‘n drie gebreek het.

Die halftyd telling was 20 -9 in die Arende se guns, dit het soos ‘n uitgemaakde saak gelyk dat die NWU gaan wen. In die tweede helfte het Ikeys met baie durf aangeval en kort voor lank was die telling 20- 18. Ikeys het onverbiddelik druk op die Arende geplaas. Waar die voorspelers die fondasie in die eerste helfte gelê het, het die onvermoeidelikke verdediging en so bietjie geluk die wa deur die drif vir die Potchefstromers getrek. Tino Swanepoel het weer ‘n briljante drie gaan druk. Alhoewel Ikeys laat in die wedstryd ook gaan druk het, was dit net te min en te laat. 

Volgens Tom Dawson-Squibb, hoofafrigter van Ikeys, is hy trots op sy span se poging.

“Ons het baie kanse teen ‘n baie sterk verdediging geskep. Dalk het ons ‘n bietjie geluk nodig gehad wat ons nie gekry het nie. Tog het die span, met geloof vir mekaar gespeel. Die NWU is ‘n baie goeie span veral hulle verdediging is iets om te aanskou,” het Dawson-Squibb gesê.

Burger van der Westhuizen, hoofafrigter van die NWU, was verlig en dankbaar.

“Alles het nie volgens plan gegaan nie, maar dit is kenmerkend van ‘n goeie span, as alles nie reg gaan nie en jy kan steeds wen. Dit was weereens ‘n enorme poging op die verdediging. Ek was verlig toe dit verby was, na die tyd kon ek net dankie sê vir elke speler en lid va ndie bestuur vir die ongelooflike seisoen,” het Van der Westhuizen gesê.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button