Bebosde veld in Dwarsstraat skep risiko vir misdaad
Chantelle van der Merwe, busbestuurder by Varsity Village, noem dat studente al aangeval en beroof is weens die feit dat skelms in die digte bosse wegkruip.
‘n Oop veld naby die Wasgoedspruit in Dwarsstraat wat nie behoorlik in stand gehou word nie, het ‘n misdaadgevaar geword vir veral studente wat by Varsity Village woon.
Chantelle van der Merwe, busbestuurder by Varsity Village, noem dat studente al aangeval en beroof is weens die feit dat skelms in die digte bosse wegkruip.
“Daar is al studente wat met ‘n mes aangeval is.
Dit raak baie gevaarlik vir studente om net rond te loop, veral later in die aande omdat dit baie bebos is,”
noem sy.


Volgens haar is die groot probleem dat die munisipale werkers nie die gras behoorlik sny nie.
“Hulle werk net so ‘n paar uur, dan stop hulle en lê onder ‘n boom. Hulle het die afgelope week meer werk ingesit, maar ek kan nie sien hoe hulle binnekort alles weer netjies sal kry nie.”

gesny moes word.
Die oorspronklike idee vir die oop erf in Dwarsstraat
waar Varsity Village geleë is, is dat dit as ‘n sokkerveld of gemeenskaplike area vir die studente moes dien.
“Met die dat daar nie gereeld skoongemaak word nie, kan die studente nie die area gebruik nie. Dit lyk ook sleg,” verduidelik sy.
Buiten die misdaadprobleem, kan die lang gras ook ‘n brandgevaar inhou, veral met die winterseisoen wat aan die kom is.
* Die Herald het die munisipaliteit om kommentaar genader, maar teen druktyd geen terugvoer ontvang nie.



