Potchefstromers het die afgelope naweek, Saterdag, 15 April aan die Noordwes Tweekampkampioenskappe deelgeneem. Die kampioenskappe het uit hardloop, fietsry en dan weer hardloop, bestaan. Die afstand van die verskillende items het afgehang van die kategorieë waarin die deelnemers deelgeneem het.

- Pieter Henning, wat in die standard-afstand kategorie deelgeneem het, was eerste in die 70-74 ouderdomsgroep, en die sewende man algeheel.
- Hans Gouws, wat in die sprint-afstand kategorie deelgeneem het, was tweede in die 65-69 ouderdomsgroep, en die 14de man algeheel.
- Mariette Hitge, wat in die standard-afstand kategorie deelgeneem het, was eerste in die 50-54 ouderdomsgroep, en die sesde vrou algeheel.
- Dawie Janse van Rensburg, wat in die sprint-afstand kategorie deelgeneem het, was tweede in die 45-49 ouderdomsgroep, en die vyfde man algeheel.
- Pierre Cronje, wat in die standard-afstand kategorie deelgeneem het, was tweede in die 40-44 ouderdomsgroep, en die 10de man algeheel.
- Johan Bezuidenhout, ‘n oud-Patria, wat in die sprint-afstand kategorie deelgeneem het, was eerste in die 20-24 ouderdomsgroep, en die negende man algeheel.
- Isak Hitge, ‘n leerder aan Hoërskool Ferdinand Postma, het in die sprint-afstand kategorie deelgeneem en het derde in die 16-17 ouderdomsgroep geplaas.
- Tihard Strydom, ‘n leerder aan Potchefstroom Gimnasium, het in die sprint-kategorie deelgeneem en het tweede in die 16-17 ouderdomsgroep geplaas.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



