Local newsNewsNews

Video: Eerstejaars opgewonde om NWU hul tuiste te maak

Die NWU se R en O program begin op Saterdag, 3 Februarie en sluit 'n week van aktiwiteite in om die nuwe eerstejaars touwys te maak.

Talle eerstejaarstudente het vandag (Saterdag, 3 Februarie) by die ontvangsdag op die NWU Potchefstroomkampus vir hulle koshuise registreer en ook die R en O tydperk amptelik begin.

Die studente was opgewonde om nou ‘n nuwe fase van hul lewe in te gaan en die pad na ‘n blink toekoms aan te pak.

Leandre Cloete en Elodie van der Merwe.
Emile Terblanche, Stefan van Heerden en Wihann Griesel is gereed vir hul eerste jaar van student wees.
Tina Collins ,Marisa Collins en Marla Venter.
Tiani Greyling, Irene Strydom en June Roode gaan almal vanjaar by die NWU as eerstejaars begin. Foto: Wouter Pienaar.
Akhona Mabika will study BA Social Science.

Dorpskoshuise (Heimat, Villagers, Bellatrix, Lavaria en Dinki) was ook in Lover Lane op kampus om studente te help registreer en meer oor hul koshuise te vertel.

Die NWU se R en O program begin vandag en duur tot Saterdag, 10 Februarie.

Kyk die video en foto’s hier:

Villagers se Rouviére Liebenberg, Henré Sweers en Heindrich Burger.
Die dames van Lavaria is gereed om nuwe gesigte te verwelkom. Hier is Nadine Venter, Wianke Hanekom, Marishe van Reenen, Dianne Froenman, Shanell Binedell en Jasmine Maphakela.
Annette Maree, Nadine Hattingh, Alida van Rensburg en Megan Collett van Bellatrix Dameskoshuis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button