Local newsNewsNews

Student dood in stoorkamer gevind

Die koshuisvader en ‘n student het glo op sy liggaam afgekom nadat hulle hom gaan soek het.

‘n Regsstudent (21) is Woensdagoggend in ‘n stoor van ‘n koshuis op die Noordwes-Universiteitskampus gevind.

Luitenant Kolonel Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, sê die polisie doen ‘n geregtelike doodsondersoek nadat die liggaam van ‘n mansstudent op kampus gevind is.

Die koshuisvader en ‘n student het glo op sy liggaam afgekom nadat hulle hom gaan soek het, omdat hulle hom nie in die hande kon kry nie. Paramedici het die student op die toneel dood verklaar.

Louis Jacobs, NWU se woordvoerder het aan die Herald gesê die Universiteit sal in hierdie stadium die student se identiteit weerhou omdat sy ouers hom nog moet uitken en ook omdat daar ‘n ondersoek deur die polisie gedoen word.

“Sy ouers is op pad en sal vandag hier wees. Ons sal alles doen wat ons kan om die ouers by te staan en ook vir hulle behuising deur hierdie moeilike tyd verskaf.”

Louis verduidelik dat die Universiteit onmiddelik vir die student en personeel berading gereël het.

“Dit is vir die Universiteit altyd bitter sleg wanneer ons ‘n student verloor, ongeag wat die omstandighede is.”

Lees Meer:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/news/2025/07/18/geen-onraad-vermoed-in-student-se-dood/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button