Local newsNewsNews

Polisie trek meer as 90 vas tydens klopjag

’n Groot polisie-operasie in Potchefstroom het tot meer as 90 arrestasies gelei, met gesteelde goedere en verskeie tipes dwelms ter waarde van duisende rande wat in beslag geneem is.

’n Gesamentlike polisie-operasie in Potchefstroom, het Woensdag meer as 80 arrestasies opgelewer en ’n beduidende hoeveelheid gesteelde goedere en dwelms is op beslag geneem.

Die operasie het in die vroeë oggendure afgeskop en is, in twee woonstelgeboue uitgevoer. Een in Auto laan en die ander in James Moroka-straat. Die aksie is gelei deur die waarnemende distriksbevelvoerder van Dr Kenneth Kaunda.

Verskeie eenhede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, insluitend Misdaadintelligensie, Openbare Orde Polisiëring, die Taktiese Reaksiespan, die Honde-eenheid, Sigbare Polisiëring en Speurders is betrek.

In totaal is 85 persone in hegtenis geneem vir die oortreding van die Immigrasiewet, twee verdagtes gearresteer vir die handel in dwelms, en drie verdagtes vir besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Dwelms is ook gekonfiskeer.

Tydens die operasie is verskeie items gekonfiskeer, waaronder:

  • Koperkabels, meestal in 2m-lengtes gesny, met ’n geskatte straatwaarde van R74 552

  • Verskeie tipes dwelms, insluitend nyaope, crystal meth, mandrax, rocks en dagga

  • ’n Fiets

  • Ses selfone


Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris van Noordwes, majoor-generaal Patrick Asaneng, het beklemtoon dat hierdie optrede deel is van ’n volgehoue strategie om misdaad in die gebied uit te roei.

“Die polisie sal aanhou om die ruimte vir misdadigers te verklein en hulle uit hul sogenaamde veilige skuilplekke te verdryf. Dit is presies waarom hierdie operasie in hierdie area van Potchefstroom uitgevoer is. Dit het ’n brandpunt vir verskeie soorte misdade geword,” het Asaneng gesê.

Die polisie het die gemeenskap bedank vir hul samewerking en het inwoners verseker dat sulke operasies voortgesit sal word om Potchefstroom ’n veiliger plek vir almal te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button