Potchefstroom Gimnasium se top atlete het hul beste voet voorgesit by die Hoërskool Zwartkop Atletiekbyeenkoms wat op 23 Januarie plaasgevind het.
Gimmies het algeheel 25 eerste plekke, 21 tweede plekke, 19 derde plekke en agt nuwe byeenkomsrekords opgestel.

Dertien atlete het ook bo 800 punte tydens hul onderskeie items behaal.
Hier is die atlete wat geskitter het:
Atlete bo 800 punte
Lize du Plessis – 100m
Lezanke Pienaar – 100m & 200m
Keilla Chatambudza – 100m
Lizé van Zyl – 100m, 200m & 100m-hekkies
Annabelle van Zyl – 400m & 300m-hekkies
Hayley Lues – 90m & 300m-hekkies

Alrike Hattingh – 800m & 300m-hekkies
Zuan van Riet – 100m-hekkies
Imké Bornman – gewigstoot & diskus
Logan Botes – gewigstoot & diskus
Vinaldo Spamers – gewigstoot & diskus
Doneli Steynberg – gewigstoot
Armin Opperman – diskus




