Local newsNewsNews

Potch eis antwoorde oor grootmaatdienstebydrae

Terwyl miljoene rande in grootmaatdienstebydraes ingevorder word, bly Potchefstroom se infrastruktuur onder druk. Inwoners eis nou duidelike antwoorde oor waar die geld werklik heen gaan.

Die krisis rondom studentebehuising in Potchefstroom gaan nie meer net oor oorvol koshuise of onwettige strukture nie; dit gaan nou oor die geld.

Inwoners eis antwoorde oor die sogenaamde grootmaatdienstebydraes wat ontwikkelaars aan die munisipaliteit betaal, terwyl die dorp se infrastruktuur voor hul oë verkrummel.

Die Herald het reeds op 5 Februarie berig hoe onwettige ontwikkelings druk plaas op infrastruktuur en openbare veiligheid. Die probleem broei reeds maande lank onder inwoners en rolspelers.

Volgens munisipale beleid moet elke nuwe ontwikkeling wat hersonering of verdigting vereis, ’n massiewe bydrae lewer om die ekstra druk op dienste te verlig. Die minimum bydrae beloop R25 800 per eenheid. Op sekere persele kan dit tot R180 000 of meer beloop.

Hierdie fondse is spesifiek geoormerk vir die opgradering van paaie, rioolstelsels, elektrisiteit en vullisverwydering. Die kontras tussen hierdie invloei van kapitaal en die realiteit van slaggate en kragonderbrekings laat ernstige vrae oor aanspreeklikheid ontstaan.

Die Herald het teen Maandag, 16 Februarie die plaaslike munisipaliteit gekontak, maar het teen druktyd nog geen terugvoer gelewer op navrae oor hoe hierdie fondse geadministreer word nie.

Hoe werk die hersoneringsproses?

Navorsing en gesprekke met rolspelers wat die Herald die afgelope week gevoer het dui op die volgende:

Die huidige dorpsbeplanning beplanningskema dateer uit 2014. Die proses om ’n residensiële woning na studentebehuising te hersoneer is omvangryk en kan maande, selfs meer as ’n jaar neem. Die kostes beloop R120 000 per aansoek.

Sones en toegelate gebruik:

  • Residensieel 1 & Residensieel 2 sonering laat ‘n familie en maksimum drie onverwantes
  • Residensieel 2 – meenthuis komplekse
  • Residensieel 3 & Residensieel 4 – jou tipiese studentehuise en -woonstelle

Stap-vir-stap proses:

  • Aankoop van perseel
  • Aansoek om hersonering gewoonlik na Residensieel 3 Verpligte studies word deur professionele Ingenieurs opgestel vir elke aansoek:

    – Elektriese studie
    – Siviele-ingenieursstudie
    – Verkeersstudie (Sonder hierdie studies is die aansoek onvolledig.)

    Publieke deelnameproses:

  • Kennisgewingbord op die perseel.
  • Advertensie in die provinsiale koerant.
  • Gemeenskap het 28 dae om beswaar aan te teken.

    Departementele kommentaar:

  • 11 munisipale departemente lewer insette.
  • Sluit in wykraadslid en infrastruktuur departemente.

    Munisipale Stadsbeplanner se verslag:

  • Evaluering van alle kommentaar.
  • Voorwaardes word gestel saam met die goedkeuring en met inagneming van die kommentaar ontvang.

    Besluitneming:

  • Indien besware ontvang word, volg ’n verhoor.
  • Die verhoor word aangehoor deur die munisipale beplanningstribunaal.
  • SPLUMA -wetgewing (ruimtelike beplanning en grondgebruiksbestuur) maak ook voorsiening om teen die besluit van die tribunaal te appelleer.

Terrein ontwikkeling Plan en Bouplanne:

  • Dieselfde munisipale departement lewer weer kommentaar en die munisipale stadsbeplanner keur die terreinplan goed.
  • Hoofinspekteur gee finale goedkeuring op bouplanne.
  • Boufase.

Finale vereistes voor intrek:

  • Okkupasiesertifikaat.

Tydsraamwerk:

  • Sonder besware: Agt tot 12 maande vir hersonering, plangoedkeuring kan moontlik nog vier maande neem.
  • Met besware kan die aansoek tot en met twee jaar neem.

Wetgewing maak voorsiening om onwettige grondgebruike te wettig en reg te stel. Terwyl die tegniese proses duidelik uiteengesit is, bly die finansiële administrasie van grootmaatdienstebydrae vaag.

As elke goedgekeurde hersonering duisende rande bydra tot infrastruktuur opgradering en onderhoud, behoort tasbare verbeterings sigbaar te wees. Studentebehuising speel ’n belangrike rol in die ekonomiese groei van Potchefstroom deur belegging, werkskepping en verhoogde vraag na plaaslike dienste te stimuleer. Dit lok ontwikkelaars en beleggers na die dorp, wat bydra tot infrastruktuurontwikkeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button