Local newsNewsNews

500 parkruns op hierdie Potchefstromers se kerfstokke

Nick Jonas, 'n welbekende Potchefstroomse parkrun deelnemer, is die eerste man van die dorp om 500 parkruns te voltooi. Suzette Janse van Rensburg is die eerste Potch vrou wat hierdie mylpaal in Desember verlede jaar behaal het.

Twee van parkrun se lojale ondersteuners en deelnemers, Suzette Janse van Rensburg en Nick Jonas, het die 500 parkrun mylpaal behaal.

Nick het op 7 Februarie dié prestasie behaal toe hy die eerste Potchefstroomse man geword het wat 500 parkruns voltooi het. Hy het dit by die Kleinplaas parkrun behaal.

Op 6 Desember verlede jaar het Suzette die eerste Potchefstromer en Potchefstroomse vrou geword wat 500 parkruns voltooi het. Sy het dit by Delta Park in Johannesburg voltooi – ’n toepaslike plek, aangesien Suid-Afrika se eerste parkrun daar op 12 November 2011 ontstaan het. Hierdie twee parkrun deelnemers vorm deel van duisende wat op Saterdae regoor die wêreld saamkom om ‘n 5km-roete te geniet.

Die Kleinplaas Parkrun het op 26 Maart 2022 ontstaan en sedertdien is 162 byeenkomste daar aangebied. Voorheen het Potchefstromers aan die Potchefstroom parkrun by die Trimpark deelgeneem, waar 324 byeenkomste plaasgevind het. Die Covid-19-pandemie het parkrun tydelik tot stilstand gebring, voordat ’n alternatiewe plek ná die opheffing van regulasies gekies is. Deelnemers aan parkrun streef daarna om spesifieke mylpale te behaal wat deur middel van T-hemde erken word: rooi (50 parkruns), swart (100 parkruns), groen (250 parkruns) en blou (500 parkruns).

 “Die eerste twee T-hemde is streng gesproke makliker om te behaal met twee jaar se gereelde deelname. Die groen 250 is moeiliker, want dit neem ’n verdere drie jaar. Die prestige-blou 500-hemp neem weer ’n verdere vyf jaar om voor te kwalifiseer,” verduidelik Nick.

Nick het 222 vrywilliger-krediete en het al aan meer as 30 verskillende parkruns deelgeneem. Sodoende kwalifiseer hy as ’n parkrun-toeris. In dieselfde asem het Suzette ook 10 vrywilliger-krediete en kwalifiseer sy ook as ’n parkrun-toeris met meer as 30 verskillende parkruns waaraan sy reeds deelgeneem het.

Deelnemers tydens die Kleinplaas parkrun op 14 Februarie vanjaar.

Die geleentheid by Kleinplaas is verder glans gegee met die bywoning van Tracy Rankin, die heel eerste persoon in Suid-Afrika wat die blou 500 T-hemp ontvang het (sy staan tans op 684 parkruns), asook mede-hardlopers Nick Loots (534) en sy vrou, Rita (547). Hulle het die oorhandiging aan Nick behartig.

’n Verdere noemenswaardige prestasie is die toekenning van Windgat-status aan Kleinplaas parkrun se byeenkoms-ambassadeur, Susan Conradie. Susan het reeds aan 110 verskillende parkruns oor die jare deelgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button