Noordwes Grootskole Interhoër gaan kook môre by McArthur
Potchefstroom se verteenwoordigende skole, Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool Potchefstroom, Potchefstroom High School for Boys en Potchefstroom High School for Girls, gaan teen skole soos Hoërskool Rustenburg (verdedigende kampioen), KHS, Wesvalia, Lichtenburg sowel as Bergsig Akademie sake uitspook.
Skoletrots is op die spel wanneer die top hoërskoolatlete van Noordwes Vrydag 20 Februarie op die NWU McArthur Atletiekstadion kragte gaan meet.
Potchefstroom se verteenwoordigende skole, Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool Potchefstroom, Potchefstroom High School for Boys en Potchefstroom High School for Girls, gaan teen skole soos Hoërskool Rustenburg (verdedigende kampioen), KHS, Wesvalia, Lichtenburg sowel as Bergsig Akademie sake uitspook.
Kyk die video hier:
Gimmies het vanjaar ‘n sterk atletiekgroep en sal hul alles op die dag gee om weer die titel te lig. Atlete soos Stephané Hook (diskus, gewigstoot en spiesgooi), Lizanke Pienaar, (100m en 200m), Rea Manyapelo (verspring) en Mathilda Liebenberg (middel- en langafstande) kan beslis dopgehou word.
Vir Volkies sal Charles Botha, Stella Mahlale, Mieke Mans, Peet Fourie en Linél Claassens van hul uitstaande atlete wees.
Boys High se Thoriso Molefe (gewigstoot, spiesgooi, diskus), Ayanda Shange (100m en 200m), Ethan Chacha (100m en 200m), Kgosietsile Mathabe (800m en 1 500m) sowel as Kagiso Mogale (800m, 1 500m en 3000m) sal aanspraakmakers wees.
So ook Siphesihle Mhlongo, Thutego Sebako en Koketso Libetse van Girls High wat hul talent sal wil wys op by die stadion wat vanjaar in puik kondisie is.
Die atletiekaksie begin om 07:00.