Local newsNewsNews

KYK: Suiddorp en Mooirivier verlos van rioolramp by Landboukollege

Zerwick waarsku egter dat inwoners moontlik nog vir ’n rukkie die nagevolge van die probleem kan ruik.

Die Suiddorp-inwoners in Potchefstroom, sowel as die Mooirivier, is uiteindelik verlos van die rioolramp by die Landboukollege wat sedert Desember ’n ondraaglike stank veroorsaak en rou riool in die Mooirivier laat invloei het.

Volgens DA-wyksraadslid van Wyk 4, Johan Zerwick, is die herstelwerk nou afgehandel en bly slegs rehabilitasiewerk oor. Hy het Maandagmiddag, 16 Maart, self vanaf die toneel terugvoer gegee.

“Ek is bly om die goeie nuus te deel dat die situasie finaal opgelos is. Die munisipaliteit is tans besig om die gat heeltemal toe te gooi,” het Zerwick gesê.

Hy sê dit is ’n groot verligting om te sien dat riool nie meer in die Mooirivier invloei nie.

“Die riool vloei nou weer ondergronds na die rioolplaas. Die stroom riool wat voorheen direk in die Mooirivier geloop het, is besig om op te droog,” het hy verduidelik.

Zerwick waarsku egter dat inwoners moontlik nog vir ’n rukkie die nagevolge van die probleem kan ruik.

“Alhoewel die stank reeds beter behoort te wees, kan dit steeds van tyd tot tyd, veral ná reën, weer ruik. Daar het afvalprodukte agtergebly nadat die probleem opgelos is,” het hy gesê.

Kyk na die video hier: 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button