SportSport

Luiperds en Valke pak mekaar in halfeindstryd Vrydag op Olën Park

Die heel belangrikste wedstryd tot dusver hierdie seisoen vir die Luiperds vind Vrydagmiddag om 16:00 op Olënpark plaas wanneer hulle teen die Valke uitdraf in die halfeindstryd van die Curriebeker se Eersteliga. Soos verlede seisoen, het die Luiperds die ligafase van die reeks heeltemal oorheers en staan met ‘n voltal van vyftig punte kop en …

Die heel belangrikste wedstryd tot dusver hierdie seisoen vir die Luiperds vind Vrydagmiddag om 16:00 op Olënpark plaas wanneer hulle teen die Valke uitdraf in die halfeindstryd van die Curriebeker se Eersteliga.

Soos verlede seisoen, het die Luiperds die ligafase van die reeks heeltemal oorheers en staan met ‘n voltal van vyftig punte kop en skouers uit bo die ander drie semifinaliste: die Griffons (28), Arende (27) en die Valke (26).Die twee halfeindstryde is presies soos dit verlede seisoen was: Luiperds teen die Valke en die Griffons teen die Arende. Die herinneringe aan verlede jaar se fiasko maak nog seer: die Valke het die Luiperds hier kom klop (31-24) om deur te dring na die eindstryd in Welkom wat deur die Griffons gewen is.

Nog ‘n ooreenkoms met verlede seisoen is dat die Luiperds se laaste ligawedstryd ook teen die Valke was, soos verlede week.Die Luiperds moes hard spook om die Valke te klop, veral na die Valke met mening teruggekom het in die tweede helfte.

Na die Luiperds gaan water drink het met ‘n 10 punt voorsprong (22-12), wen hulle met net 7 punte: 36-29.Die Luiperds het 6 drieë gedruk, maar die skopwerk was maar beroerd: net drie doelskoppe het die kol getref: twee deur Meel Engelbrecht en een deur Schalk Hugo.

Die driedrukkers was Adrian Vermeulen, Dutchie Robbertse, Malherbe Swart, Rhyno Smith en twee deur Tyler Fisher. Fisher, wat ‘n leenspeler van Natal is, gaan volgende seisoen vir die Pumas speel.Dit is kommerwekkend dat die Luiperds twee geelkaarte ontvang het: Malherbe Swart en Robert Kruger moes elk gaan afkoel. So iets mag nie in ‘n halfeind gebeur nie.

Die dissipline moet 100% wees. Die Valke sal daarop uit wees om die Luiperds te ontwrig in die hoop dat daar weer kaarte uitgedeel gaan word.

Sover bekend is daar geen beserings in die Luiperdgroep nie en sal Robert du Preez sy sterkste kombinasie op die veld kan stoot vir hierdie moet-wen wedstryd*Ongelukkig kon Natal se juniorspanne nie hulle vlugreëlings aanpas nie en sal die twee wedstryde teen die Luiperds se o.19 en o.21 spanne Saterdag om 11:00 en 13:00 plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button