SportSport

Noordwes laat die speke sing in skolebergfietsreeks-finaal

Noordwes is nou amptelik konings van die bergfietsbaan nadat hulle Gauteng in die Spur Skolebergfietsfinaal by Hoërskool Bekker uitgestof het. In die versengende hitte was Noordwes se skolebergfietsspan kookwater met veral Ryan Conradie, Pieter du Toit, Danielle Strydom, Kristen Louw en Brandon van der Berg wat uitgeblink het. Noordwes het met ‘n skrale een punt …

Noordwes is nou amptelik konings van die bergfietsbaan nadat hulle Gauteng in die Spur Skolebergfietsfinaal by Hoërskool Bekker uitgestof het.

In die versengende hitte was Noordwes se skolebergfietsspan kookwater met veral Ryan Conradie, Pieter du Toit, Danielle Strydom, Kristen Louw en Brandon van der Berg wat uitgeblink het. Noordwes het met ‘n skrale een punt gewen met hulle eindtotaal wat op 236 teenoor Gauteng se 235 punte gestaan het.

Gauteng domineer hierdie wedren nou al vir jare, maar Noordwes het hierdie keer sewe podium posisies behaal en uitstekend in hulle turkoois-groen hemde gery. Wat die wen nog meer merkwaardig maak, is dat die Noordwesspan slegs 30 fietsryers na die finaal kon neem wat Volkskool Potchefstroom, Potchefstroom Gimnasium, Hoërskool Hartebeespoort en Hoërskool Rustenburg ingesluit het.

Brandon van den Berg op sy fiets in Volkies se kleure tydens die interskole wedren wat verlede Saterdag by Hoërskool Bekker plaasgevind het.
Brandon van den Berg op sy fiets in Volkies se kleure tydens die interskole wedren wat verlede Saterdag by Hoërskool Bekker plaasgevind het.

Gauteng aan die nader kant kon 120 deelnemers neem omdat hulle groter getalle het wat in die kompetisie deelneem.

Tog het Noordwes hulle getalle briljant benut met elke ryer wat ‘n lywige bydrae tot die spansukses behaal het. Die kameraadskap in die span was iets om werklik op trots te wees.

Volkies se Van der Berg (wie se pa, Frans, ook ‘n klomp spanmaats afrig as deel van die Team Daly span) het ‘n uitstekende dag as kaptein van die span gehad en op sy fiets die span met sy goeie voorbeeld gelei.

“My pligte en mede-kaptein (Nicolene Marais van Rustenburg Hoërskool), was om die Noordwesspan te motiveer, te inspireer en die groep gefokus te hou tydens die dag, seker te maak dat hulle betyds by die wegspringpunte was en dat hulle natuurlik genoeg drink (die ouers het totaal hiermee gehelp). Ons as kapteine het uitgegaan om ‘n voorbeeld vir die ander te wees en te wys dat mens nooit opgee, ten spyte van probleme wat kon intree in die wedren en altyd nederig te bly,” het Van der Berg genoem.

“Daar was ‘n wedrenplan en ons het dit deurgevoer. Noordwes was bevoorreg om van die top ryers te hê en hulle almal het werklik al hulle vaardighede gebruik. Al ons ouderdoms-afdelings het uitstekend gevaar en ons het oorheers op die podiums. Elke ryer het punte bygedra, selfs met meganiese foute wat ingesluip het, pap wiele en valle.  Niemand het opgegee nie, ten spyte van die teleurstellings. Natuurlik het al die ouers, familie, vriende, afrigters en onderwysers se ondersteuning om die baan (letterlik oral) vir ons soveel krag (as ons op ons moegste was), en motivering gegee.

Ons is baie dankbaar vir ons afrigters wat die Noordwesspan gelei het en dis ‘n voorreg om my pa te kon hê as afrigter van nege kinders in die Noordwesspan,” het hy bygevoeg.  Menlopark was die algehele skoolkampioen in die seuns-, dogters- en gemengde klasse. Potchefstroom Gimnasium kon wel ‘n briljante tweede plek behaal in die gemengde klas, iets wat hulle spanbestuurder, Johan van Eeden op trots is.

Brandon van der Berg met die Noordwesspan se trofee.
Brandon van der Berg met die Noordwesspan se trofee.

 

“Dit was werklik ‘n hoogtepunt. Ons het ingegaan om te wen en ons het die regte mentaliteit gehad. ‘n Klomp van ons ryers het puik gery,” het hy gesê. Conradie van Potchefstroom Gimnasium het beïndruk  met sy tyd van 41:10, wat een van die beste en mees oortuigendste oorwinnings in Saterdag se interskole wedren  in die jeugseuns 15 jaar-kategorie was. Danielle Strydom van Gimmies het in ‘n naelbytwedren in die jeug-kategorie as die wenner uit die stryd getree. Daar was net twee sekondes tussen haar en haar teenstander, Tiffany Keep van Thomas More College.

Volgens van Eeden was die spangees ook uitstekend in die Noordwesspan waar daar broederskap is en ‘n atmosfeer van sportmanskap geheers het. “Ons het ‘n skitterende span wat verdien om te gewen het. Ons het laasjaar met vier of vyf punte verloor maar nou het al die harde werk hierdie jaar vrugte afgewerp. Die seuns en dogters sit baie moeite in en volg ‘n streng program,” noem hy.

Vir Brandon was die hoogtepunt toe hulle as wenners aangekondig is:  “Dis ‘n oomblik wat onbeskryflik was en as kaptein van die span was dit so ‘n voorreg om die trofee te kon ontvang namens die span wat dit moontlik gemaak het. Dit is so ‘n hoogtepunt om die naweek mee te kon afsluit en ons hardverdiende oorwinning te kon vier! Ek is werklik bevoorreg gewees om hierdie span te kon lei.”

Uitslae:

Sondag se interprovinsiale uitslae (* Nie al die uitslae nie slegs top presterende deelnemers volgens finale posisie vir die Noordwesspan

Junior Seuns:

Brandon van der Berg -6 de (Volkies)

Christiaan Burger – 17 de (Gimmies)

Wilbert Viljoen – 20ste (Gimmies)

Kobus Wagner – 28ste (Rustenburg)

Junior Meisies:

Nicolene Marais – 1ste (Rustenburg)

Kristen Louw – 3de (Volkies)

Marlize le Roux – 9de (Gimmies)

Zandri Snyman – 29 ste (Volkies)

Youth Seuns (16Jr):

Pieter du Toit – 1ste (Volkies)

Duncan de Waal – 13de (Harties)

Heinrich van Niekerk – 21ste (Volkies)

Jaco de Klerk – 29ste (Volkies)

Sheldon Kukorch – 36ste (Harties)

Youth Seuns (15jr):

Ryan Conradie – 1ste (Gimmies)

Brendan van Eeden – 5de (Gimmies)

Willie van Eck – 8ste (Rustenburg)

Elmar van der Merwe 27ste (Volkies)

Youth Meisies:

Danielle Strydom- 2de (Gimmies)

Kaylin Prinsloo – 7 de (Harties)

Chantelle van Staden – 18de (Rustenburg)

Danielle Muller – 25ste Sivan Bayliss – 30ste (Rustenburg)

Sub Junior Seuns:

Adriaan Duminy – 1ste (Wesvalia)

Stephan Womarans – 3de (Harties)

Richard Nel – 18de

Anthony Ehlers – 32ste (Rustenburg)

Sub Junior Meisies:

Andrea de Waal – 5de (Girls High)

Bertha Pienaar – 11de (Harties)

Cherise van Niekerk – 18de (Wagpos)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button