SportSport

Sestigjarige SA kampioen laat wiel op sy ysterperd

Op Erfenisdag vanjaar het een van Potchefstroom se bekende motorfietsjaers en handelaars besluit om nie ’n tjoppie op die vuur as eerste prioriteit te gooi nie, maar eerder sy passie op die renbaan te stook. Peet Viviers (60) het ’n groter hongerte vir die perdekrag en adrenalien van ’n motorfiets drag race (versnelwedren) gehad en …

Op Erfenisdag vanjaar het een van Potchefstroom se bekende motorfietsjaers en handelaars besluit om nie ’n tjoppie op die vuur as eerste prioriteit te gooi nie, maar eerder sy passie op die renbaan te stook.

Peet Viviers (60) het ’n groter hongerte vir die perdekrag en adrenalien van ’n motorfiets drag race (versnelwedren) gehad en bewys dat ouderdom net ’n nommer is, toe hy die SA Nasionale Superbike Drag Racing kampioen by Tarlton International geword het.

“Dit was baie onverwags omdat ek deesdae net vir die pret ry en nie regtig meer kompeteer nie. Ek het toe maar besluit om met die Suzuki GSXR 1000 vir die jong ouens bietjie gas te gee en toe hard gery. “Ek was verbaas toe almal vir my hande klap en my gelukwens. Dit voel goed,” vertel Viviers. Versnelwedrenne word op ’n motorfiets oor 400 meter (kwartmyl) voltooi en die motorfietsjaers met die vinnigste spoed oor daardie afstand wen die wedren.

Viviers neem nog gereeld aan klubwedrenne deel en help ook klubs met die diens van motorfietse by sy winkel, wat hy nou al vir ’n aantal jare besit.

Hy het ook ’n lang liefdesverhouding met Suzuki en het sy eerste kennismaking met ’n motorfiets op 9-jarige ouderdom gehad. “Ek het met GS en Katana begin en toe later na die GSXT oorgeskuif. Die kruin van my loopbaan was in die 1997/98 seisoen.

Ek het toe later besef dat ek die jonges ook ’n kans moet gee,” vertel Viviers wat al voorheen ook ’n SA kampioen was. Volgens Viviers het motorfietse en die manier om te wen baie verander, aangesien alles meer elektronies is en nie net oor brute krag gaan nie.

Tog haal die motorfiets in die 400 meter naelloop tussen 214 en 224 kilometer per uur. “Ek sal nog motorfiets ry so lank soos wat ek my been oor die saal kan kry. “Ek doen dit uit liefde vir die sport,” vertel Viviers, wat duidelik ’n motorfietsman in murg en been is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button