SportSport

Kiewiet is PPK se duiwewedvlug klubkampioen

Kiewiet Marais van Potchefstroom Posduifklub is vanjaar vir die eerste keer gekroon as klubkampioen, nadat hy die afgelope tyd baie hard gewerk het. Johan Schlebusch van Mooirivier Resiesduifklub is vir die soveelste keer in sy klub as kampioen gekroon. Vir hom is dit nie meer snaaks nie, want hy “kan”! Nollie Meintjies het die grote …

Kiewiet Marais van Potchefstroom Posduifklub is vanjaar vir die eerste keer gekroon as klubkampioen, nadat hy die afgelope tyd baie hard gewerk het. Johan Schlebusch van Mooirivier Resiesduifklub is vir die soveelste keer in sy klub as kampioen gekroon. Vir hom is dit nie meer snaaks nie, want hy “kan”!

Nollie Meintjies het die grote vir laaste gelos by P.P.K. deur die Gold Cup wedvlug te wen. Die Gold Cup is tradisioneel die laaste wedvlug van die seisoen. Dit is vanjaar vanaf Drie Susters af beslis oor ‘n afstand van 650 km. Meintjies verower plekke 1,3,4,5 en Marais eindig tweede. In ope-wedvlug twee wen Marnus Nel, terwyl Meintjies tweede en derde eindig.

Oud-meester Faan de Beer eindig vierde en Marais vyfde.In die ope-afdeling “koer” Nel koning met 3338 punte, terwyl Sarel Naude tweede eindig met 3090, Marais (2797), De Beer ( 2790) en Meintjies (2780) voltooi plekke drie tot vyf. Die algehele kampioen is Marais (5223), Nel (4944), de Beer (3781), Gerhard Kirsten (3781) en Sarel Naude (3611).

By M.R.K. verower Schlebusch die “Gold Cup” asook die vyfde plek. Willem Moolman eindig tweede, terwyl Arrie Marais plekke 3 en 4 verower. In ope-wedvlug twee wen die “ou menere” At en Louw. Moolman eindig hier ook tweede, Marais derde en vyfde, terwyl Oom Theo Mienie vierde klaarmaak.

By die finale punte is die volgorde by die ope-wedvlug en algehele kampioen presies dieselfde. Schlebusch, kampioen 2015, maak 4143 punte bymekaar, met Marais 2690, Johan van Wyk 2092, Moolman 1737 en Hennie Aucamp 1466. Volgende week word berig oor hoe M.R.K.en P.P.K. presteer het in die Westelike Posduif unie.“Lekker rus ou kleintjie”!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button