Van Skoolbank na Sportveld: Lourén Steenkamp
Skool: Potchefstroom Gimnasium Ouderdom: 18 Sport (span): Gimmies 1ste Krieket, Potch Dorp en NW o.19 Krieket Beste prestasies: Speel afgelope vyf jaar vir Noordwes. •Word in 2014 eerste Gimmie om vir 1ste XI meer as 1 000 lopies in seisoen aan te teken (eindig met 1 634 lopies in 33 wedstryde vir Gimmies). •Huidige seisoen …

Skool: Potchefstroom Gimnasium
Ouderdom: 18
Sport (span): Gimmies 1ste Krieket, Potch Dorp en NW o.19 Krieket
Beste prestasies: Speel afgelope vyf jaar vir Noordwes.
•Word in 2014 eerste Gimmie om vir 1ste XI meer as 1 000 lopies in seisoen aan te teken (eindig met 1 634 lopies in 33 wedstryde vir Gimmies).
•Huidige seisoen op 1 621 lopies in 25 wedstryde vir Gimmies.
•Hoogste telling: 217, nie uit.
•Beste boulontleding: 5 paaltjies vir 11 lopies in 4 beurte teen Gauteng o.17.
Hoogtepunt van die jaar (seisoen): 5 Honderdtalle (832 lopies) in 5 agtereenvolgende wedstryde
Hoe het jou passie vir sport (krieket) ontwikkel?
My broer het krieket gespeel. Ons het ure in die tuin spandeer met ‘n kolf en krieketbal
Hoe balanseer jy skoolwerk en sport? Tydsbestuur
Lewenslesse wat jy uit sport geleer het?
Moet nooit opgee nie. Moet nooit “grootkop” kry nie. Niks kom vanself nie, dit kos harde werk.
Wat maak Potchefstroom uniek? Potch is ‘n stad met ‘n plattelandse atmosfeer wat baie sportgeleenthede bied – PUK dra by daartoe.
Gunsteling plek in die dorp? Enige krieketveld
Vyf items wat jy op ’n verlate eiland wil saamneem: Opblaas-boot, vislyn met hoek, ordentlike mes, flint en tou
Vyf mense wat jy nog sal wil ontmoet?AB de Villiers, Michael Clarke, Koningin van Engeland, Sachin Tendulkar en Brian Lara
Drie dinge wat jou irriteer?Oneerlikheid, mense wat altyd verskonings soek en negatiwiteit
Drie dinge wat jou gelukkig maak? Krieket oefen, om ‘n wedstryd te kan speel, om goed te doen op die krieketveld
Pizza of KFC? Pizza
Rock of Popmusiek? Popmusiek
AB de Villiers of Jacques Kallis? AB
Eendagwedstryde of Toetse?Eendag
Facebook of Instagram? Instagram
’n Ses om ’n finaal te wen of ’n vangkans op die grens om ’n finaal te wen? ‘n Ses



