SportSport

Jomo Cosmos maak Potchefstroom sy sokkertuiste

Potchefstroom is die sporthoofstad van Noordwes en dit is om hierdie rede dat daar ‘n behoefte bestaan het om ‘n groot Premier Sokkerliga-span in dié stad te huisves. Jomo Cosmos, met die beroemde Jomo Sono as eienaar en afrigter, het nou hierdie behoefte gevul as Potchefstroom en die Noordwes se sokkerspan. Dit volg na grootskaalse …

Potchefstroom is die sporthoofstad van Noordwes en dit is om hierdie rede dat daar ‘n behoefte bestaan het om ‘n groot Premier Sokkerliga-span in dié stad te huisves. Jomo Cosmos, met die beroemde Jomo Sono as eienaar en afrigter, het nou hierdie behoefte gevul as Potchefstroom en die Noordwes se sokkerspan. Dit volg na grootskaalse onderhandelings met die Tlokwe Plaaslike Munisipaliteit om sokker hier te huisves.

Olën Park, wat voorheen meer bekend was vir rugby, het die afgelope maand historiese sokkerwedstryde aangebied, waar die stadion meer as 10 000 ondersteuners getrek het. Louis du Plessis, die nuwe Hoof Uitvoerende Beampte (HUB) van Jomo Cosmos, wat voorheen HUB by die Luiperds was, meen dat Potchefstromers van alle kleur en geur moet hande vat en Cosmos met hart en siel ondersteun.

“My visie is om Jomo Cosmos as ‘n Noordwesspan te bemark en Potchefstroom sy tuisbasis te maak. Jomo Sono is ‘n formidabele man en sy kennis van sokkersake gaan ‘n groot verskil vir sokkerontwikkeling in die dorp maak,” meen Du Plessis. “

Sport bring mense van alle rasse en kultuurgroepe bymekaar en ek sal graag wil hê dat almal die span ondersteun. Sokker gaan ook ‘n groot finansiële impak in die stad maak. Ons verwag dat die wedstryd Dinsdag teen Kaizer Chiefs 15 000 mense gaan lok,” verduidelik Du Plessis.

“Ek wil vir die gemeenskap van Potchefstroom vra dat almal die span moet ondersteun. Die besighede moet inkoop in die span. Die doel is om hierdie jaar in die PSL te bly en dan volgende seisoen te kompeteer om die top vyf te haal,” sê hy. Potchefstroom is reeds ‘n sportsentra en het uitstekende fasiliteite om die span te huisves. Televisiedekking bring ook die meeste geld in en dit gaan ‘n belangrike faktor wees om die klub te bemark.

“Jomo Cosmos is Potchefstroom se sokkerspan. Die ekonomiese inspuiting gaan ontsettend belangrik vir die stad wees. Die ondersteuners kom van oral in die land om hulle spanne te ondersteun. Sodoende spandeer hulle geld in die stad en dit help plaaslike besighede verskriklik baie,” sê hy.

Du Plessis is die eerste Afrikaanse man en Potchefstromer in hart en siel wat HUB by ‘n PSL sokkerklub is. Hy sien dit as ‘n uitstekende geleentheid om stereotipes te breek en te wys dat sport nie ‘n politieke konnotasie het nie. Du Plessis het groot toekomsplanne vir Jomo Cosmos en weet dat Jomo Sono die regte man is om ‘n sokkerkultuur in Potchefstroom te vestig.

“Die stad se mense moet opgewonde wees. Cosmos en Sono gaan diep spore in Potchefstroom trap. Die span het potensiaal en ons moet in die PSL bly,” het hy afgesluit.

Jomo Cosmos speel volgende Dinsdag, 20 Oktober op Olën Park teen die huidige PSL kampioene, Kaizer Chiefs in ‘n Absa Premierliga wedstryd. Die wedstryd skop om 19:30 af. Kaartjies kos R40 vir volwassenes en R10 vir kinders en is by Computicket beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button