Dit is weer tyd vir die Supa Quick nagwedloop
Die Supa Quick 10km en 5km Nagwedloop vind plaas op Woensdag, 4 November by die rugbyvelde van Potchefstroom Dorp Rugbyklub langs Olënpark Rugby-stadion. Dié wedloop, wat deur Bert’s Bricks Atletiekklub aangebied word, is baie gewild en ‘n groot aantal atlete neem elke jaar daaraan deel. Dit bied die ideale geleentheid aan ervare en beginner atlete …

Die Supa Quick 10km en 5km Nagwedloop vind plaas op Woensdag, 4 November by die rugbyvelde van Potchefstroom Dorp Rugbyklub langs Olënpark Rugby-stadion. Dié wedloop, wat deur Bert’s Bricks Atletiekklub aangebied word, is baie gewild en ‘n groot aantal atlete neem elke jaar daaraan deel.
Dit bied die ideale geleentheid aan ervare en beginner atlete om 10km of 5km aan te pak. Die 10km wedloop begin om 19:00 en die 5km om 19:05.
Die inskrywingsgelde vir die 10km is R60 per atleet en vir die 5km R30. Atlete wat aan die 10km wedloop wil deelneem en nie vir 2015 by Atletiek Suid-Afrika (ASA) geregistreer is nie, moet ‘n tydelike nommer vir R20 koop.
Atlete kan vanaf 17:00 op die dag van die wedloop by die stadion inskryf.
Kontak gerus vir Theo Coetzee by 083 538 3162 of Stephan van der Merwe by 082 335 0578 vir meer inligting



