SportSport

Kruger is Luiperds se speler van die Jaar

Die Luiperd-voorspeler, Robert Kruger het hom Woensdagaand in Potchefstroom by uitgelese geselskap soos Jan Tromp, André Markgraaff, Gert Smal en Eugene Hare aangesluit, toe hy vir ‘n tweede keer as die Luiperds se Rugbyspeler van die Jaar aangewys is. Kruger, wat vanjaar Super Rugby vir die Leeus gespeel het, is in 2012 die eerste keer …

Die Luiperd-voorspeler, Robert Kruger het hom Woensdagaand in Potchefstroom by uitgelese geselskap soos Jan Tromp, André Markgraaff, Gert Smal en Eugene Hare aangesluit, toe hy vir ‘n tweede keer as die Luiperds se Rugbyspeler van die Jaar aangewys is.

Kruger, wat vanjaar Super Rugby vir die Leeus gespeel het, is in 2012 die eerste keer as die Unie se Speler van die Jaar aangewys.Tromp (75,78), Markgraaff (79, 80), Smal (82, 83) en Hare (95, 97) is almal legendes wat diep spore in Wes-Transvaalse rugby getrap het. Kruger is egter die eerste Luiperd wie se naam ‘n tweede keer op die trofee aangebring word.

Ongelukkig vir rugby in die Noordwes, het Kruger ‘n kontrak onderteken om sy rugby voortaan by die Sharks te speel en hy is dus vir Luiperd-rugby verlore.Kruger het die Luiperds altesaam 48 keer verteenwoordig en in 13 wedstryde vir die Luiperd XV-tal uitgedraf. Die toekenning vir Voorspeler van die Jaar, sowel as die Spelers se Speler van die Jaar, gaan aan Marno Redelinghuys terwyl Adriaan Engelbrecht die unie se Agterspeler van die Jaar is.Kaptein Juan Language is die Vodacom Speler van die Jaar.
Die lys van pryswenners is:
•Speler van die Jaar – Robert Kruger
•Voorspeler van die Jaar – Marno Redelinghuys
•Agterspeler van die Jaar – Adriaan Engelbrecht
•Opkomende Speler van die Jaar – Loftus Morrison & Rhyno Smith
•Vodacom Speler van die Jaar – Juan Language
•Spelers se Speler van die Jaar – Marno Redelinghuys
•Onder 21 Speler van die Jaar – Estehan Visagie
•Onder 19 Speler van die Jaar – Siyabonga Masuku
•Vroue Speler van die Jaar – Nadine van Reenen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button