SportSport

Drake klop Gauteng Strikers

Die Noordwes Drake het van verlede Donderdag tot Sondag behoorlik klaargespeel met hulle konsessie vennoot, die Gauteng Strikers. Noordwes se oorwinning in die Sunfoil Driedagwedstryd op die Nuwe Wanderers in Johannesburg het hulle weer tot die eerste plek in Poel A van die kompetisie laat opskuif. Noordwes het nou 57.08 ligapunte. KZN lê tweede op …

Die Noordwes Drake het van verlede Donderdag tot Sondag behoorlik klaargespeel met hulle konsessie vennoot, die Gauteng Strikers.

Noordwes se oorwinning in die Sunfoil Driedagwedstryd op die Nuwe Wanderers in Johannesburg het hulle weer tot die eerste plek in Poel A van die kompetisie laat opskuif.

Noordwes het nou 57.08 ligapunte. KZN lê tweede op 43.42 punte, met Noordelikes net ‘n breukdeel van ‘n punt agter hulle in die derde plek (43.04). Verlede week se voorloper, WP, het teruggesak in die vierde plek met 40.84 punte.

In Poel B van die kompetisie is KZN (Binneland) die voorloper met 38.82 punte. Die span kon nog net een van hulle vier wedstryde regstreeks wen.

In die wedstryd het Gauteng eerste gekolf en danksy Johannes Diseko se heel beste boulvertoning ooit (5/68), word Gauteng almal uitgehaal vir 313 lopies. Noordwes word almal uitgeboul vir 231 lopies, met Wihan Lubbe wat 93 bydra (16×4). JN Malan teken 40 aan en Kagiso Rapulana 38.

Diseko slaan weer toe in Gauteng se tweede beurt (3/39) vir ‘n wedstryd ontleding van 8/107. Dieter Klein was self flink met die bal en neem 3/26. Dit laat aan Noordwes die taak om 214 lopies aan te teken vir die oorwinning. Hulle kry dit reg vir die verlies van slegs drie paaltjies met Richard Frenz (58*) en Lubbe ( 45*) nog voor die penne toe die wenlopies geslaan word.

In Sondag se T20 wedstryd het die wilgerlatte behoorlik geklap. Gauteng kolf teen meer as agt lopies per boulbeurt en teken 163/3 in die 20 beurte aan. Lubbe word as openingskolwer ingespan en sit die Noordwes aanslag op die regte noot in: 18 van net 7 balle (3×4, 1×6) met ‘n treftempo van 257.14. Daarna het Frenz (39) en Marques Ackerman die beurt op koers gehou en Noordwes teken die wenlopies aan met die eerste bal van die laaste boulbeurt (164/3).

Noordwes speel van  Donderdag af op Senwespark teen Oostelikes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button