Plaaslike driekampatlete skitter by Sun City
Tydens die naweek van 7 en 8 November het Potchefstroom se driekampatlete uitgeblink by die Global 11 snel- en standaard-driekamp by Sun City. Met die hittegolf wat oor die land geheers het, het die atlete geweet dat ‘n warm dag op hulle wag, maar die hitte het definitief tot voordeel van die Potchefstromers getel. Hannes …

Tydens die naweek van 7 en 8 November het Potchefstroom se driekampatlete uitgeblink by die Global 11 snel- en standaard-driekamp by Sun City.
Met die hittegolf wat oor die land geheers het, het die atlete geweet dat ‘n warm dag op hulle wag, maar die hitte het definitief tot voordeel van die Potchefstromers getel.
Hannes Jonker was die uitblinker onder die mans by die snel-afdeling (750m swem/20km fiets/5km hardloop) op die Saterdag, waar hy ‘n 3de algehele posisie in die ope-afdeling verower het. Die Sondag het hy weer sy staal gewys en derde gekom in die standaard-afstand (1.5km swem/40km fiets/10km hardloop) in die ope-afdeling. Hy het ook die beste tyd in sy ouderdomskategorie gehad, met Dawie Janse van Rensburg 2de en 10de algeheel by die ope-mansafdeling.
Onder die dames het Zoli de Kock haar stem weer dik gemaak na haar swangerskap en die vinnigste swemtyd onder die vroue geswem. Sy het algeheel 2de onder die vroue in die ope-afdeling geëindig en ook haar ouderdomskategorie gewen. Ander Potchefstromers wat deelgeneem het is Zack van der Merwe, Willie de Kock, Alfred Nebe en Johan van der Westhuizen (mans) en Sonja van der Merwe, Jana Jonker, Cheri-Lee Oosthuizen, Naomie Nebe en Theresa Strydom (vroue).



