SportSport

Gholfliga weer volstoom aan die gang

Die Noordwes Gholfunie se Voorgee Liga het Saterdag afgeskop en twee spanne van die Buiteklub was in aksie. Die A-span het teen Vryburg Gholfklub in Potchefstroom meegeding en Potchefstroom het met 5 teen 3 wedstryde as die oorwinnaars uit die stryd getree. Potchefstroom se B-span het teen Ventersdorp vasgeval in Ventersdorp en met 3 teen …

Die Noordwes Gholfunie se Voorgee Liga het Saterdag afgeskop en twee spanne van die Buiteklub was in aksie.

Die A-span het teen Vryburg Gholfklub in Potchefstroom meegeding en Potchefstroom het met 5 teen 3 wedstryde as die oorwinnaars uit die stryd getree. Potchefstroom se B-span het teen Ventersdorp vasgeval in Ventersdorp en met 3 teen 5 wedstryde verloor. Die volgende rondte ligawedstryde vind op 6 Februarie plaas.

Dinge is weer besig om na die Feestyd aan die gang te kom by die Buiteklub en die eerste klubkompetisies is reeds aangebied.

*Die Woensdag-kompetisie op 20 Januarie was ‘n Indivudual Points Stableford (IPS) kompetisie en die wenners was:

1e – Kaiser Cornelius met 40 punte

2e – Albert Britz met 39 punte

3e – Hannes Botha met 39 punte

Al drie is lede van die bestuur van die klub.

*Saterdag 23 Januarie se IPS kompetisie is deur Ocean Basket geborg en die uitslag was soos volg:

1e : Paul Greyling met 40 punte

2e : Johan Esterhuyse met 40 punte

3e : Lourie van der Merwe met 40 punte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button