Potch se Park Tennisklub herleef
Die Park Tennisklub is in 1893 geopen en is die oudste tennisklub in Potchefstroom. Die klub het bekendheid verwerf onder die tennisspelers van die destydse Wes-Transvaal, aangesien verskeie ligawedstryde en titels in meer as ’n dekade deur die spelers van die klub gewen is. Die Park Tennisklub het egter soos ander klubs in Potchefstroom, aan …
Die Park Tennisklub is in 1893 geopen en is die oudste tennisklub in Potchefstroom. Die klub het bekendheid verwerf onder die tennisspelers van die destydse Wes-Transvaal, aangesien verskeie ligawedstryde en titels in meer as ’n dekade deur die spelers van die klub gewen is.
Die Park Tennisklub het egter soos ander klubs in Potchefstroom, aan die einde van die jare negentigs tot ’n einde gekom. Dit is met groot dank en blydskap aan Japie Dry en Pirow Engelbrecht wat die klub weer laat herleef het, danksy onderhandelinge met die Tlokwe Munisipaliteit.
Die klubhuis en heinings is geverf en die tuine lyk sommer weer pragtig. Die klub spog ook met ’n ledetal van 40 lede en ’n komitee is verkies tydens die jaarvergadering. Die komitee bestaan uit: Pirow Engelbrecht, Theuns Kruger ,Peet van Schalkwyk (addisionele lede), Japie Dry (voorsitter), Frans Coetzee (ondervoorsitter), Danie Cronjé (tesourier), en Ina Engelbrecht (sekretaresse). Die klubbestuur verwelkom nog spelers wat belangstel om deel te word van die klub. Daar word elke Saterdag vanaf 14:00 gespeel. Vir navrae kan Japie Dry by 076 473 4608 gekontak word.