SportSport

Luiperds en Boland pak mekaar in rugbyoorlog

Die Luiperds se voorste troepe sal hulle Saterdag by die Weermag se rugbyklub in Potchefstroom aanmeld wanneer hulle teen die Bolandse Kavaliers aantree. Die Namibiese Wêreldbekersenter Johan Deysel is een van die manskappe wat sal aantree. Daarby sal die flank Marno Redelinghuys, wie die wendrie in die Varsitybeker-eindstryd gedruk het, ook deel van die Luiperd-brigade …

Die Luiperds se voorste troepe sal hulle Saterdag by die Weermag se rugbyklub in Potchefstroom aanmeld wanneer hulle teen die Bolandse Kavaliers aantree. Die Namibiese Wêreldbekersenter Johan Deysel is een van die manskappe wat sal aantree.

Daarby sal die flank Marno Redelinghuys, wie die wendrie in die Varsitybeker-eindstryd gedruk het, ook deel van die Luiperd-brigade vir die allerbelangrike veldslag wees.

Die senter Henko Marais is ook terug van ligte diens af maar daar is ‘n oorvloed troepe beskikbaar in die middelveld waar Deysel en Juffrou Vermeulen die gunstelinge is om te begin.

Daar het egter nog twee troepe hulle by die ongevalle aangemeld en nie die vleuel Lucian Cupido of die slot Stairs Mhlongo sal gereed wees vir operasie Boland nie.

Ruan Venter is die gunsteling om by Mhlongo oor te neem en Jaco Hayward behoort die nommer 14-trui te dra.

Die Boland is een van die pasaangeërs in die uitspeelronde om Curriebekerstatus en die Luiperds moet hulle platskiet om in die wedloop om bevordering te bly.

Alle Potchefstromers en ondersteuners uit die buurdorpe word uitgenooi om die wedstryd gratis by te woon terwyl daar spesiale biertente en groot skerms opgerig word om die Superrugby-aksie die middag te volg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button